Boere is ingenome met Crop~Tech se werktuie en diens

Crop-Tech se Jumil-planters is reeds besig om naam te maak as dié geenbewerkingplanter vir Suid-Afrika. En dit is nie net groot graanboere wat baat vind by Jumil se betroubaarheid, doeltreffendheid, akkuraatheid en robuustheid nie. Goeie nuus is dat ’n veeboer wat ’n klompie mielies vir kuilvoer of vir aanvulling van die graankomponent van sy rantsoen wil plant, ook die volle voordeel van Jumil se voortreflike geenbewerkingplanttegnologie kan geniet.


Crop-Tech, JM 2670-vakuumplanter, beste planters

Een van die groeiende aantal ingenome Jumil-eienaars is Hendrik Jooste van die plaas, Bultfontein, naby Hartebeesfontein. Hy boer met neute en vleisbeeste en begin nou met ’n wildboerdery. Vir die 190 hektaar sonneblom wat Hendrik plant, het hy nie ’n reuse planter nodig nie, maar hy wou ook nie met ’n minderwaardige planter sukkel nie. Jumil-geenbewerkingplanters het ’n baie goeie naam in sy kontrei en hy is nie spyt dat hy op die Jumil JM 2670-vakuumplanter besluit het nie. Hierdie model plant vier drievoetrye en pas aan die trekker se driepuntstelsel.

Dis kinderspeletjies om met die Jumil-planter te werk, want hy is doodeenvoudig, sê Hendrik, en hy plant sonder steurnis of staantyd met ’n akkurate plantdiepte en saadspasiëring. Wat Hendrik veral beïndruk, is die “kookwaterdiens” wat hy van Louwrens Rudolph, die Jumil-handelaar op Ottosdal, ontvang. “Hy was reeds hier om seker te maak dat ek tevrede is en dat my planter gereed is vir die nuwe plantseisoen.”

Ewe tevrede is Danie Keet en sy seun, André, van Kalbasfontein, naby Witbank, met hulle Jumil JM 60 Plenakuilvoerkerwer. Die Keets is beesboere en hulle het ook ’n voerkraal waarin aangekoopte beeste markgereed gemaak word.

Die Keets voorsien groenmielies aan winkels en sodra die koppe gepluk is of begin hard word, maak hulle kuilvoer van die plante. Hulle plant ook Pannar se Silage King, ’n soetriettipe graansorghum- sorghobaster met ’n baie hoë proteïn- en suikerinhoud, wat dit geskik vir so 60 ton per hektaar eersteklas kuilvoer maak.

Crop-Tech, Jumil, JM Plena 60, image, foto, photoDanie het in ProAgri van Crop-Tech se JM 60 Plena-kuilvoerkerwer gelees en besluit om self te gaan kyk. Hy is ingenome met die sterk, stewige ontwerp en materiaal wat beslis baie lank gaan hou. Hy is ook beïndruk met die diens wat Crop-Tech en sy mense bied. Die enkele probleem wat die Keets met die kerwer ondervind het, het Crop-Tech se produkspesialis, Johan Duvenage, in ’n kits opgelos sonder dat daar enige staantyd was. Die boonste driepuntskakel se montering het gekraak toe die operateur met die kerwer teruggestoot het.

“Hulle het dadelik ’n ander montering aangebring en later ’n herontwerpte, versterkte montering kom aansit om te verseker dat daar nie weer vorentoe ’n probleem sal wees nie.”

Die Plena se lemme is van baie goeie staal gemaak en moes net een keer in die seisoen geslyp word. Die Keets sê: “Crop-Tech se gesindheid is reg – hulle verkoop aan die boer die oplossing en nie blote masjiene nie en ek het lanklaas iemand so vinnig sien reageer as Crop-Tech se Johan Duvenage.”

Koos Snyman van AAJ Snyman Boerdery by Sannieshof sê ProAgri kan maar met groot lof van sy Jumil JM 60 Plena-kuilvoerkerwer skryf. Hy is super eenvoudig met sy bandaandrywing, sy maklike snitlengteverstelling en lae onderhoudsbehoefte. Boonop is die prys baie gunstig en die diens wat Crop-Tech en Landini Ottosdal bied is baie goed.

Die JM Plena het sy man baie goed gestaan met die afgelope kuilvoerseisoen en net een breekboutjie moes vervang word. Koos het reeds voersorghum geplant waarvan hy vanjaar ook kuilvoer wil maak vir sy melkery, en hy is so tevrede met die Jumil-kuilvoerkerwer dat hy nog een gaan koop.

Contact Us

Telephone:

+27 56 817 7210
Email : This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Featured Weblink